Ons kla nie.

Ons doen goed.

Ons werk saam almal.

Hier om te bly

Betereinders werk saam aan ‘n beter toekoms vir almal in ons land. Ons is nie bang nie en ons gee nie op nie. Betereinders is nie skaam oor wie hulle is nie en leef hul leierskap uit. Betereinders is egter ook diensbaar, vrygewig en all round lekker mense.

Wanneer ons sê ‘wees een’ bedoel ons al sluit jy nie aan nie en al koop jy nie die hempie nie: wees net een, wees net ‘n Betereinder.

 

Vars uit die Oond

 

Living New Narratives: Matatiele Good News

Living New Narratives: Matatiele Good News

2019 is barely two weeks old and we’ve already seen polarizing racial rhetoric dominating the headlines. This is to be expected. It is, after all, election season and nothing turns heads like racism. More importantly, nothing sells newspapers like racism. I suspect...

read more
MAAK PLEK VIR TAXIS

MAAK PLEK VIR TAXIS

Kry jou sticker: Hou hom as boekmerk dat hy met jou praat As jy reg voel sit hom in jou kar se dashboard Wanneer jy oortuig is en glo jy kan jou soos 'n ambassadeur gedra, plak hom agter op jou kar!...

LIEFDE WEN

LIEFDE WEN

Liefde Wen werk saam met Betereinders om ekologies-vriendelike toilette te bou in Kameeldrift informele nedersetting in Pretoria. Ons gebruik Enviro-loo wat sonder water werk en nie in die grond insyfer nie. As mens dink aan weerlose mense, is kinders en oop toilette...

Wat doen ons?

WERK SAAM (RESTITUSIE)

 
1. DIE MET GELD GEE GELD
Dis ‘n voorreg om te kan gee. As ons ons geld gee gee ons ook ons mag en beheer weg. SUKSES STORIE: B&G Charity Shop
2. omgee vir weerloses
Weduwees, weeskinders, haweloses, gevangenis en die wat siek is. SUKSES STORIE: MS90 huis vir kinders in Randburg.
3. vaardighede en kwalifikasies vir werkskep
Ons help werklose persone, veral die jeug om kwalifikasies en vaardighede te kry wat sal lei tot werksgeleenthede. SUKSESSTORIE: Vision in Action Training Centre
4. Bemagtig klein besighede
Ons help veral die jeug om klein besighede te begin en deel te vorm van die formele ekonomie. SUKSES STORIE: AmaVerkykers (Pty) Ltd
5. grondhervorming en voedselsekuriteit
Twee goed: genoeg kos vir almal en regverdige verdeling van grond. Ons vier en ondersteun diverse samewerking. SUKSES STORIE: Thembisa Micro Farming

STAAN SAAM (REKONSILIASIE)

 
1. Witwerk
Wit-wit gesprekke as voorbereiding vir moeiliker ‘real-talk’. SUKSES STORIE: Nuwe BE curriculum
2. swart -wit gesprekke oor die verlede, hede en toekoms
Ons fasiliteer die moeilike gesprekke tussen verskillende groepe, gesprekke wat ons land vorentoe kan neem. SUKSES STORIE: Kwartaallikse openbare gesprekke
3. Een tot een verhoudings deur tegnologie
Ons stel ‘n webgebaseerde proses beskikbaar waar persone van ‘townships’ en ‘suburbs’ mekaar kan leer ken in ‘n wedersydse proses van ‘life-coaching’. SUKSES STORIE: Zebra Crossing www.zebrax.co.za
4. SAAM BRAAI
Groot groepsbraai of klein en persoonlik, ons moedig Suid Afrikaners aan om saam te braai, wit en swart, oud en jonk, ryk en arm. Kry ‘n vriend wat nie soos jy lyk nie, en gooi ‘n vleisie oor die kole. SUKSES STORIE: Mamelodi Remix Braai
5. taakspanne
Hierdie is gemengde groepe wat gereeld bymekaarkom rondom ‘n gemene taak, stokperdjie of aktiwiteit. SUKSES STORIE: sokkerspanne, boekklubs, fietsry en naaldwerk.

WEES EEN

Al dra jy nie die hempie nie, wees net een. Ons wil hê dat almal die drie waardes van Betereinders uitleef; of jy ons nou join of nie, wees net een: Hou op kla, doen goed, werk saam almal.

Wat vang ons aan?

1 DECEMBER: DRAAI EN BRAAI

Chop en dop in Zenzele (Wesrand).

16 DECEMber: TOWNSHIP Geloftedag

Herbesin.

Wat roer ons ?

Ons Missie

Afrikaners moet besin oor hoe ons ‘n land bou waarin ons kinders gaan welkom wees. Hoe bou mens ‘n mooi en goeie land waar alle landsburgers ‘n kans het om gelukkig te wees? Heel eerste moet armoede beveg word. Geen kind verdien om in haglike omstandighede groot te word nie. Betereinder glo dat ons armoede kan bekamp deur ons twee fokus areas, naamlik restitusie en rekonsiliasie.

word deel

Klink great, hoe raak ek betrokke?

STaP 1

Like ons bladsy op Facebook, dis die handjie met ‘n duimpie.

STaP 2

Gee geld of tyd deur kontak te maak by eksin@betereinders.co.za

Terloops: Betereinders veg tot die einde, maar sonder om bitter te wees, ons veg vir ‘n beter toekoms, ons gee nie op nie.

“Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika”

Laat hoor van jou: